Bio

South Africa Flag

Marion Erskine is in Randfontein, Suid-Afrika gebore. Hy het op ​’n myndorpie, Westonaria, buite Johannesburg grootgeword. Hy ​het sy skoolloopbaan op Laerskool Gerrit Maritz in Westonaria ​begin en het aan Hoërskool Westonaria gematrikuleer. Hy het ​nooit gevoel dat hy inpas op skool nie, want hy was “anders”.

Nie al sy onderwysers het ook nie die andersheid in sy opstelle ​waardeer nie en hy het nie goeie punte daarvoor verdien nie.


Na skool het hy aan die NWU in Potchefstroom begin studeer ​en in 1998 sy B.A.-graad behaal met Afrikaans-Nederlands en ​Engels as hoofvakke. Universiteit was vir hom heerlik, want ​skielik is hy vir sy andersheid waardeer en het onderskeidings ​begin behaal. Hy het sy Hoëronderwysdiploma cum laude ​geslaag en die ATKV-prys gewen vir die beste vakdidaktiek-​student.


Prof. Betsie van der Westhuizen aan die NWU het sy kreatiwiteit ​opgemerk. Sy het hom gedruk om te begin skryf, maar hy was ​toe nog nie gereed daarvoor nie. Sy het hom na universiteit ​aangemoedig om in te skryf vir ’n jeugroman-kompetisie en hy ​het ingeskryf. Uit meer as ‘n 100 manuskripte is sy ​debuutroman, OOS, gekies vir publikasie.


Na universiteit het hy onder andere in Taiwan skoolgehou. In ​2008 was hy aanvanklik ’n dosent in Aboe-Dhabi in die ​Verenigde Arabiese Emirate. Hy het ook vir Emirates lugredery ​gewerk asook vir die Arabiese wêreld se heel eerste ​kernkragstasie as leierskap-ontwikkelingspesialis.



Bio

united kingdom flag

Marion Erskine was born in Randfontein, South Africa. He grew up ​in a mining town, Westonaria, outside Johannesburg. He started his ​school career at Gerrit Maritz Primary School in Westonaria and ​matriculated at Westonaria High School. He never felt that he fit in ​at school because he was "just different". Not all his teachers ​appreciated the otherness in his essays either and he did not earn ​good marks for them.


After school, he began studying at the NWU in Potchefstroom and ​obtained his BA degree in 1998 with Afrikaans-Dutch and English ​as main subjects. He loved university, because suddenly he was ​appreciated for thinking different and began to achieve distinctions. ​He passed his Higher Education Diploma with destinction and won ​the ATKV prize for the best subject didactics student.


Prof. Betsie van der Westhuizen at the NWU noticed his creativity. ​She pushed him to start writing, but he wasn't ready then. After ​university, she encouraged him to enter a youth novel competition ​and he entered. Out of more than 100 manuscripts, his debut ​novel, OOS, was selected for publication.


After university, he taught in Taiwan, among other places. In 2008 ​he was initially a lecturer in Abu Dhabi in the United Arab Emirates. ​He also worked for Emirates airlines as well as for the Arab world's ​very first nuclear power station as a leadership development ​specialist.



Books/Boeke


Vlerke vir Almal

Dewald se ouers stuur hom na 'n nuwe skool na sy lewe omvergegooi is. Elke skool ​het nuwe uitdagings en elke skool het sy boelies, en dis nie maklik om 'n tiener te ​wees met 'n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind, om sin ​te maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit ​nie. Dit terwyl een van die grootste boelies in die skool sy lewe hel maak. En hy ​besluit: genoeg is genoeg. 'n Hartroerende verhaal oor relevante tienerkwessies.

Bruidzilla

Tillie het 'n heel goeie lewe, dankie. Ja, sy werk haar oor 'n mik as kelnerin in ​Mellville, en ja daar's nie iemand spesiaals in haar lewe nie, en ja, haar beste ​vriendin Milanka ís high­maintenance, maar so ken Tillie haar, en Milanks het al vir ​haar báie beteken. Haar eksieperfeksie, #blessed vriendin Milanka.

Maar uhm… Sy't nou nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is, moet sorg dat ​Milanka en Jacques se troue gereël kom nie!

Donatello & Volksie

Dis die goeie ou dae van chat rooms en Internet Explorer; emoji's met leestekens; ​waar jy moet verduidelik wat afkortings soos LOL beteken; en Joost en Amor is Suid-​Afrika se “it couple”.

Zoë Zietsman sit op Oukersaand stoksielalleen voor haar rekenaar - sonder selfs 'n ​hond om mee te cuddle. En cuddle is volgens Zoë 'n basic human right. Vanaand is ​die aand, besluit sy terwyl sy as “Volksie” op die Matchmatewebwerf inteken.

OOS

Dit is die bittersoet verhaal oor die ervaringe van 'n groep Suid-Afrikaners wat tydelik ​in Taiwan werk. Dit is 'n eksotiese verhaal, nie net as gevolg van die ruimte waarin dit ​afspeel nie, maar ook op grond van die ekstreme van uitbundige sentiment en die ​donker ondertone daarvan — dit is 'n oorvloedige ruiker van kleur en intrige. Die ​verteller, Louis, kom in Taiwan aan om vir laerskoolleerlinge Engels te gee. Sy enigste ​kontak in hierdie wildvreemde land is 'n internet-vriend wat hom bekend gestel het ​aan die moontlikheid om in Taiwan Engels te gee. Deur hierdie kontak kom hy in ​aanraking mat 'n klomp jong Suid-Afrikaners en hul Chinese vriende, en dit is hoe hy ​bekend gestel word aan 'n absoluut vreemde kultuur en gewoontes wat vir hom die ​raarste gewoontes is wat hy nog teëgekom het.

Afro-dizzy-act: A potent adventure of a Foreigner in Taiwan

How well do you know Taiwan? What kind of profound experience do you have with the ​local culture? Is it enthusiastic and energetic, or is it a person with a warm and caring ​human touch? This is a local experience book that allows you to understand Taiwan ​better, and it is also a cultural exchange book. As Taiwanese, do we still know a little ​about our own land? Are you proud to be Taiwanese? In this book, you will see a ​foreigner who loves Taiwan and cherishes Taiwanese culture more than many ​Taiwanese.

Radiodramas

2014

As die donker die son insluk

Die verhaal van 'n klein plattelandse gemeenskap ​in die Vrystaat met die gewone struwelinge en 'n ​lang geskiedenis van haat en nyd. Hulle leef ​dekades met hulle eie wroeginge en geheime wat ​hul menswees verteer. Dan kom 'n natuurramp ​wat hulle dwing om mekaar te aanvaar en te ​omarm.

2015

Hashtag Hasepad

'n Pragtige jong kelnerin bedien die man van haar ​drome by die restourant waar sy werk. Hulle raak ​aan die gesels en dit blyk gou dat sy 'n meisie met ​ambisie is. Sy wil verder studeer, reis en meer met ​haar lewe doen as om kelnerin te speel. Maar sy ​weet ook wanneer 'n droomman niks meer as net 'n ​droom sal bly nie. Min het sy egter kon raai dat ​haar toekoms reeds besig was om te verander.

2016

Siembamba

Elri is Bertus en Rentia se enigste kind, en haar pa ​se oogappel. Hy sal enigiets vir haar doen, maar dit ​gaan nie goed tussen Bertus en Rentia nie, en vir ​Rentia is dit moeilik om te aanvaar dat hulle huwelik ​op die rotse is…

2017

Akwarius

Baasspeurder Sakkie Joubert het al ‘n hele paar ​reeksmoordenaars aangekeer. Dis sy ​spesialiteitsgebied. maar die laaste een, die een ​wat hy ten alle koste wil vastrek voor hy aftree, bly ​hom ontwyk. Dit word ‘n dodelike kat-en-muis-​speletjie tussen die jagter en die gejagte.

Lekkerleesboekrak

In 2007 begin Marion die Lekkerleesboekrak groep op Facebook met die intensie om boeke wat lekker lees ​te deel met Afrikaanse lesers. Hy voel ook dat daar is reuse gaping tussen die lesers en hulle skrywers en ​uitgewers bestaan en nooi een vir een skrywer en uitgewer uit om by die groep aan te sluit. Lesers kan direk ​vrae rig aan die skrywers en kry soms binne minute terugvoer van die skrywer. Uitgewers gebruik ook die ​groep om informasie in te samel oor wat lesers meer en minder van wil sien.

Toekennings/Awards

Beste teks vir 'n radiodrama ​of -teater: AKWARIUS (2018)

WENNER

Kinderboektoekennings ​Selfleeskategorie: Graad 8 - 10: ​Vlerke vir Almal (2018)

WENNER

Beste teks vir 'n radiodrama ​of -teater: AS DIE DONKER ​DIE SON INSLUK (2015)

GENOMINEER

facebook icon vector
Simple Youtube Icon
Simple Instagram Icon

Contact

KONTAK